

HOENDER PASTAGEREG
1 groot ui, fyngekap
1 teelepel knoffel
1 blikkie sampioene
4 hoender borsies, in stukkies gesny
½ teelepel hoender speserye
½ teelepel Italiaanse speserye
½ teelepel gemengde speserye
½ teelepel pietersielie speserye
sout en peper na smaak
Kook ‘n halwe pak penne pasta tot gaar.
In ‘n pan – braai al die bogenoemde bestanddele saam tot gaar en bruin.
Dreineer die pasta en voeg die gebraaide bestanddele in en meng saam.
Maak 2 pakkies Royco se “bacon carbonara” pasta souse aan en voeg dit in die pasta en roer deeglik (jy kan ‘n ander geur sous ook gebruik van jou keuse)
Gooi lekker baie kaas in en roer tot gesmelt.
In ‘n glasbak voeg die pasta in en voeg weer kaas bo-oor en sprinkel rooipeper oor.
Grill in oond tot kaas gesmelt en bruin is.
Dien op met ‘n lekker groen slaai.
Genoeg vir 4 mense, dit maak baie kos.
Resep en foto’s deur Juanri Van Der Walt






