


GIDEON SE “KRISMIS CRACKER” BRAAIBROODJIE
Saam met vanaand se braai het ek en Liezl die oudurfie gemaak en oppie kole gebraai tot perfeksie.
Neem ‘n snytjie brood of soveel jy wil maak en rol dit plat soos in plat met ‘n koekroller.
Smeer die snytjie met chillie infused olyfolie asook n bietjie sweetchilliesous.
Sny kaas repies vir elke sny en plaas dit op die uitgerolde brood en rol dit toe.
Smeer dan weer die buitekant ook met die chillie olie en braai dit op stadige kole tot die brood lekker crisp is en die kaas lekker gesmelt het.
My maaaaaaaa dit was lekkerrrrr!
Foto en resep: Gideon Louw






