


GIDEON SE BLOKKIES LEWERKOEKIES
Ek’t vanoggend verby die vars lewer geloop op pnp se rak, toe besluit ek nou moet dit kry.
Ek’t sommer net daar sonner lat vroulief sien ‘n parcel innie mandjie gesit.
Ek’t toe sommer my eie paais gebak rondom ‘n reseppie wat in my kop was.
500 g skaaplewer skoongemaak en velle afgetrek en in klein blokkies gesny.
1 ui, fyn gekerf
1 teelepel peper
½ teelepel chillie vlokkies
1 eetlepel sojasous
2 eetlepels balsamiese asyn
¾ koppie fyn broodkrummels
2 klein eiers
olie vir vlakbraai
Voeg alles saam in ‘n mengbak en meng goed.
Verhit die olie in ‘n pan en voeg kleinerige skeppies op ‘n slag in die warm olie en bak vir omtrent 2 of 3 minute aan ‘n kant tot lekker bruin en gaar.
Moenie te gou omdraai nie, anders kan dit uit mekaar val.
Moenie te lank bak nie, dit raak bitter en lewer is gou gaar.
Ek hou van die growwe tekstuur, daarom het ek dit nie gemaal nie, maar in klein stukkies gesny.
Dit was sommer ghoofies.
Resep en foto: Gideon Louw






