CHANTE SE MOJITO
Net ‘n wenk. Die heerlike vars smaak van ‘n mojito kom van vars lemmetjies en kruisementblare af. Jy sny die lemmetjies in blokkies en kneus dit dan saam met die kruisement blare en suiker voordat jy jou wit rum bygooi. Hier is my resep.
(Maak 1 mojito)
25-50 ml wit rum (Bakardi is my gunsteling)
1 lemmetjie, in blokkies gesny
4-6 groot kruisement blare
1 teelepel suiker
ys
200 ml lemonade
Knees die lemmeTjie, kruisement blare en suiker saam in ‘n drinkglas met die agterkant van ‘n houtlepel. Voeg die rum by, hou toe die bokant van die glas en skud goed. Maak die glas vol ys.
Skink nou die lemonade bo-oor alles en garneer met nog lemmetjies en kruisementblare.
Resep: Chante Putter