

SOETSUUR SKAAPLEWER
750 g skaaplewer, vel en grootste membrane verwyder en in skywe gesny
125 ml bruin asyn
3 heel naeltjies
2 ml peper korrels
1 lourier blaar
koekmeel om die lewer in te rol
olie om in te braai
2 groot uie, in skywe gesny
60 ml bruinsuiker
sout en peper na smaak
Marineer die lewerskywe 1 uur lank in ‘n mengsel van asyn, naeltjies, peperkorrels en lourier blaar. Verwyder die lewer uit die marinade, maar hou die marinade eenkant. Rol lewerskywe in meel, skud die oortollige af en braai tot gaar in bietjie warm olie.
Voeg die marinade, uie en bruinsuiker by, roer ook die aanbrandsels los onder op die bodem van die pan. Verlaag hitte en laat prut tot dik sous gevorm het. Geur na smaak.
Genoeg vir 6 mense.
Het saam met wit rys en ‘n heerlike groen slaai met pynappel stukkies bedien.
Resep en foto: Lorraine de Vries







geskuif