

ROMERIGE SAMPIOENSOUS
Ek kán braai as die manne nie kan/wil nie. Club steak en aspersies gebraai met baba aartappeltjies en romerige sampioensous.
250 g portabellini sampioene, afgevee met kombuispapier en in kwarte gesny
2 eetlepels botter
suurlemoen peper
speserye
3 eetlepels mielieblom in 50 ml melk
250 ml vars room
Braai die sampioene in die botter oor hoë hitte vir paar minute. Sprinkel bietjie speserye oor. Die sampioene sal ekstra vloeistof maak, so laat bietjie wegkook maar nie alles. Meng die room in by die melk en mielieblom en gooi by die sampioene. Roer terwyl die sous dikker word en haal dan van die hitte af en bedien warm saam met vleis, vis of groente.
Resep en foto: Elsabie Templeton






