

RHEDA SE CIABATTA BROOD
1 kg witbroodmeel
10 ml sout
1 10 g sakkie kitsgis
900 ml louwarm water
Plaas alles in ‘n groot mengbak. Roer met houtlepel tot gemeng. Maak toe met kleefplastiek en laat oornag in yskas.
Volgende dag:
Sif bietjie meel op werksoppervlak en keer deeg uit. Vorm 2 brode rofweg in ovaalbrode.
Smeer bakplaat goed en laat brode daarop rys vir ½ uur in son.
Bak ½ uur by 180ºC tot mooi bruin. Laat effe afkoel en geniet!
Resep geplaas deur Rheda Vreken
Foto: Rheda Vreken






