

PRUIMKONFYT GEKOOK MET PITTE EN AL
3 kg pruime
3 kg suiker
1 teelepel kremetart
Sny vrugte net in die rondte om, maar nie oop gebreek nie. Plaas in die groot pot.
Strooi suiker oor en sit op ‘n 3 plaat vir ‘n halfuur.
Sodra die suiker gesmelt het, draai die plaat na 5.
Roer kort- kort.
Na uur en ‘n half was dit basies reg.
Voeg die kremetart by en kook nog 20 min, toets die konfyt op ‘n koue piering.
Kokend warm gebottel.
Nota: Susan Theunissen – Skep jy ook die skuim af.
Nee ek roer dit in, anders is konfyt te soet en verloor smaak. Sodra jy kremetart bygooi, verdwyn meeste skuim en konfyt word nie maklik sandsuiker nie.
Foto: Chantelle Velloen en Hennie Van de Merwe
Nota: Hettie Wells Berlyn – Die pitte gee die lekker smaak – ek doen dit met my appelkose ook en bottel met die pitte.






