
PIESANG LIKEUR
Skil 8 ryp middelslag piesangs en sny dit in skyfies.
Plaas die skyfies in ‘n groot wye nek fles met ‘n digsluitende deksel en voeg 750 ml brandewyn en 2 ml gemengde speserye by.
Verseël die fles en bêre die mengsel vir ‘n maand op ‘n warm plek, skud dit daagliks.
Verhit 400 g witsuiker en 250 ml water stadig in ‘n pot op die stoof tot kookpunt. Roer dit aan die begin tot die suiker opgelos is. Kook die stroop 15 min sonder om te roer, skuim dit af indien nodig.
Verwyder van die hitte en plaas eenkant om af te koel.
Giet die piesangmengsel deur ‘n sif en syg die vloeistof weer deur 3 lae kaasdoek.
Versoet die piesenffiltraat met die stroop. Bottel en verseël die mengsel.
Laat minstens ‘n maand lank verouder voor gebruik.
Resep geplaas: Rina Kleinhans






