


ONFEILBARE FUDGE
2 koppies suiker
halwe koppie water
1 blikkie volroom kondensmelk
1 eetlepel botter of margarien
2 eetleples goue stroop
Smelt suiker en water oor baie lae hitte en voeg by 1 eetlepel botter of goeie margarine en 2 eetlepels goue stroop.
Roer tot alles gesmelt is en voeg by 1 blikkie volroom kondensmelk. Roer aanhoudend. Draai hitte op en sodra dit begin borrel, kook vir 20 minute en roer aanhoudend.
Haal van stoof af, voeg teelepel vanilla by en klop vir 5 minute. Gooi in gesmeerde bakplaatjie en laat afkoel.
Sny in blokkies en los tot heeltemal koud. Glad nie nodig vir yskas. Hierdie resep kan met gemak verdubbel word.
Resep en foto: Annette Hattingh Scheepers
2de foto: Natacha Visagie

Gillian Vermeulen se fudge sonder diestroop







Natacha Visagie
Ek maak NOOIT weer ñ Ander resep nie. Hierdie Fudge WERK! 😍
Gillian Kruger Vermeulen
Wel Natacha Visagie jy het my nou soooo lus gehad vir fudge dat ek hom ook moes probeer… want ek kan nie fudge maak om my lewe te red nie! Ek het nie stroop in die huis gehad nie en toe los ek dit uit… wel wat ‘n verrassing, ek gebruik nooit weer ‘n ander resep nie!!!
Alida Siebert – Die beste resep ooit!