

KAAS-UIE KITSBROODJIE
Nie nodig om te laat rys nie.
500 gram bruismeel
500 ml karringmelk
1 pakkie wit uie sop
1 koppie gerasperde kaas (Cheddar wit of geel), hoe sterker die kaas, hoe sterker die geur
Stel oond op 180ºC.
Meng die droë bestanddele saam (ek gebruik sommer ‘n eetlepel), meng die wit uie sop en die gerasperde kaas in die meel by (hou ‘n bietjie kaas eenkant vir die kors). Voeg die karringmelk by. Skud die kartonnetjie agterna met ‘n bietjie melk uit (voeg dit by), dit help om al die droë meel en bestanddele te bind.
Skep uit in gesmeerde broodpannetjie, sprinkel kaas oor die kors en bak vir 1 uur. Keer uit en laat afkoel.
Resep en Foto: John Louis Streicher






