

BIER EN SPEK KAASSOUS
4 eetlepels ongesoute botter
1 klein ui, fyn gekap (optioneel)
1 pakkie stukkies spek, krispie gebraai. Moet nie die olie afgooi nie!
4 eetlepels koekmeel
2 koppies bier
1½ koppie room
1 knoffel huisie, fyn gekap (optioneel)
Growwe sout en swart peper na smaak
180 g skerp geel cheddar kaas, gerasper
180 g wit cheddar kaas, gerasper
Smelt die botter in ‘n swaar bodem pot en braai die uie tot sag, voeg dan die krispie spek saam met die spek se olie by. Voeg die meel by en meng totdat die sous begin lig bruin word op ‘n medium hitte.
Gooi nou bietjie bietjie die bier by en klits goed tot glad. Kook vir 4-5 min totdat die bier verminder en die alkohol uit gekook het.
Voeg die room en knoffel by en kook nog ongeveer 10 min op ‘n lae hitte totdat die sous verdik het.
Verwyder van die hitte af en voeg die sout, peper en kaas by. Klop totdat al die kaas gesmelt het.
Lewer sowat 4 koppies sous.
Dit kan tot en met 3 dae in die yskas gestoor word. Wanneer jy dit weer wil warm maak, plaas dit net in ‘n klein potjie op ‘n lae hitte en klop. Nie in die mikrogolf nie, jou kaas sal skif.
Ook baie lekker saam ‘n steak! Geniet dit.
Resep: Chanté Putter






