

BETS SE KOEKSISTERS MET WARM STROOP (Vries Goed!!)
(Bolletjies gemaak vir die platters – in die middel)
Deeg:
200 ml melk
50 ml witasyn
2 eiers
4 koppies koekmeel
2 eetlepel margarien
2 eetlepel bakpoeier
1 teelepel sout
Voeg die asyn by die melk.
Breek eiers in melk en vul aan met nog melk tot 400 ml.
Vryf margarien in meel.
Gooi bakpoeier en sout by.
Gooi eier en melk mengsel by.
Meng en knie die deeg vir 10 minute lank.
Sit in plastiese sakkie, laat staan vir 3 ure en begin bak!
Doop in warm stroop!
Stroop:
8 koppie suiker
4 koppie water
2 teelepel kremetart
4 eetlepel gemmer
2 eetlepel goue stroop
Kook vir 5 minute saam.
Verwyder van stoof.
Doop koeksisters in warm stroop.
Laat afdrup op afkoelrak.
NS: Pak in skinkborde en vries voordat in houers gesit word, anders vries dit aan mekaar vas!!
Sit ook plastiek tussen die lae.
Resep geplaas deur Bets Lourens
Foto: Bets Lourens






