

BEESSTERT BREDIE
Genoeg vir 4-6 mense
3 kg beesstert
speserye na smaak (ek het ‘n beef rub gebruik wat ek by een van die groot winkels gekoop het)
1 koppie rooi wyn (ek het natural sweet red gebruik)
4 beesvleis blokkies
1 liter water
6 aartappels
1 pakkie baba wortels
1 pakkie baby marrows
1 pakkie brussel sprouts
1 pakkie baba mielies
2 leeks, fyngekap
1 medium ui, fyngekap
½ groen soetrissie, fyngekap
½ rooi soet rissie, fyngekap
1 teelepel knoffel
Voor verhit die oond tot 190ºC.
Gooi die speserye oor die vleis en braai die vleis tot goudbruin. Skep uit en hou eenkant. Braai die leeks, uie, groen soetrissie, rooi soetrissie en knoffel in dieselfde pot tot deurskynend. Sit die vleis terug en meng 2 van die beesvleis blokkies met 500 ml water.
Gooi die beesvleis mengsel en die koppie wyn by en laat dit kook. Verwyder van stoof en plaas in die oond vir 2 ure. Na 2 ure sit die wortels, aartappels en mielies saam met die vleis en plaas terug in die oond. Kook vir nog 1 uur. Sit dan die res van die groente in. Meng die ander 2 beesvleis blokkies met die res van die 500 ml water en gooi oor die vleis en sit terug in die oond. Kook tot die vleis en groente sag is. Ek het ‘n Le Creuset pot gebruik wat op die stoof sowel as in die oond gebruik kan word. Bedien saam met rys.
Nota- na 3 ure het my oond opgepak en ek moes alles oorplaas na my stoompot toe om die groente en vleis sag te kry. Ek het dit vir ½ uur gestoom in elektriese stoompot. Vleis en groente was heerlik sag en my gaste het vir “seconds” gegaan. Geseënde Sondag vir almal.
Resep en Foto: Juanita Vermeulen






