

4 BESTANDDELE BOTTERKOEKIES
Net 4 bestanddele benodig:
5 koppies koekmeel
1 koppie versiersuiker
500 g botter
± 125 ml melk
Room versiersuiker en botter tot dit lig is.
Gooi koekmeel by meng goed.
Gooi melk by om mengel bietjie klam te maak (gooi net bietjie vir bietjie by, onthou om te meng tussen in) jy hoef nie al die melk te gebruik nie.
Bak op 180 C tot goudbruin.
Resep en foto: Lynette Hartzenberg






