


SUKSES SOETKOEKIES
Foto: Melanie Tolmay
2de foto: Johann Barnard
6 koppies meel
2 koppies suiker
4 teelepels bakpoeier
4 eiers
2 koppies sagte botter (unsalted botter werk die beste)
Meng botter en suiker saam tot romerig.
Voeg eiers by.
Voeg droë bestanddele by en klits tot stywe deeg.
Rol deeg uit op meel oppervlakte as jy vorms gaan gebruik.
Pak op gesmeerde oond pan.
Bak in voor af verhitte oond teen 180 ºC vir 10 – 12 minute.
Lekker maklik en smelt in die mond heerlik.😁
Nota: Vandag het ek lekker gespeel en 80 Kersfees sterretjies gebak. Wat die versiersel betref, ek maak dit soos wat my moeder my geleer het. Slegs versiersuiker en melk. Ek begin met ongeveer 125 ml versiersuiker. Dan voeg ek in veelvoude van halwes, elke heer ‘n halwe teelepel melk by en roer dit goed. As dit lyk of die versiersel te styf is, voel ek weer ‘n halwe teelepel melk by. So is dit maar bietjie van die melk, en bietjie van die versiersuiker, todat dit net net van ‘n teelep afloop in ‘n lint.







Geskuif