

SOUSKLUITJIE MET PERSKES
1 koppie meel
10 ml bakpoeier
knipi sout
10 ml bakpoeier
15 ml margarien
1 eier
125 ml melk
100 g gedroogte perskes
1 liter water
1 1/2 koppie suiker
1 kaneel stok
Was nie seker hoe om die kluitjies te maak op perskes soos my ma dit altyd gedoen het.
So toe begin ek maar my eie ding.
Plaas gedroogde perskes, water en so suiker met kaneel stok in ‘n pot en laat kook tot perskes lekker sag is, met deksel op om verdamping te keer.
Toe meng ek in mengbak die droë bestanddele en vryf margerien in.
Klits die eier met melk en meng dit met vingers by droë bestanddele in.
Kry toe ‘n lekker stywe sagte deeg.
Lepels vol op perskes geskep en deksel op gesit. Na 5 minute die hitte afgedraai na laag en dit vir 15 minute gelos. Moenie loer nie. Haal deksel af en gooi lekker met suiker en kaneel en los so 15 minute voor opskep.
Reserp en Foto: Pieter Pieterse
NS – Mens kan gedroogte appelkose ook gebruik






