

ROMERIGE MOSSELBROODJIES
Resep en foto: Sonia Knoetze
FOOD LOVERS RECIPES
2 blikke (85 g elk) mossels, gedreineer
1 groot ui, gerasper
3 knoffelhuisies, gekap
250 ml (1 koppie) cheddarkaas, gerasper
125 ml (½ koppie) mayonnaise
1 Franse brood/panini/ciabatta, in dik snye gesny (8 snye)
Voorverhit die oond tot 200 °C.
Meng die mossels, ui, knoffel, kaas en mayonnaise.
Verdeel die mosselmengsel tussen die broodsnye en smeer rofweg op elkeen.
Pak die broodskywe op ’n bakplaat en rooster 10 minute of tot die mengsel op die broodskywe effens goudbruin begin raak.
Sit dadelik voor saam met slaai.






