RISOTTO OP DIE KOLE
Liezl Louw het gisteraand vir ons die heeerlike risotto oppie kole gemaak in ‘n swartpot.
1 klein green pepper, gekerf
1 medium ui, gekerf
olie vir smoor
1 pakkie sampioene, gekerf
2 koppies risotto rys
1 liter warm water
2 pakkies Royco chicken a la king
1 koppie witwyn
3 grasuie, gekerf
Braai die ui en greenpepper tot sag en voeg die sampioene by en braai nog ‘n paar minute.
Los die chicken a la king in die liter water op.
Voeg die water, rys en wyn by die uie mengsel.
Laat prut alles saam vir 40 tot 50 min en roer elke vyf minute tot die meeste vog weg is.
Tien minute voor die einde voeg die grasuie by en roer goed.
Bedien met parmasaan sprinkel.
Was baaaaie lekker!
Foto: Gideon Louw
Resep: Liezl Louw