

PIZZA BROODJIES
(vinnige aandete)
Foto en Resep: Christelle van Rooyen
FOOD LOVERS RECIPES
Rooster snye brood (moet niks opsmeer nie) in oond aan albei kante tot effens bruin (brood moet nie meer sag wees nie).
Gooi bietjie kaas, smeer dan “Miami sweet tomatoe relish with chilli” oor (een blikkie is genoeg vir 9 snye brood), bietjie sout en peper, dan russian wiele en stukkies uie en dan kaas oor.
Bak tot kaas gesmelt is en worsies ens mooi warm is (of kan worsies warm opsit maar pasop vir sous as jy vooraf braai, dit maak die brood nat).
Ook lekker met ander vleis variasies (gevlokte hoender, gaar maalvleis, ham, ens.)






