


PEPPERMINT CRISP TERT MET MOUSSE
Foto en resep deur Anel Nel Vd Walt
FOOD LOVERS RECIPES
Hier is die Peppermint Crisp Tert met die mousse. Dit lyk of dit gewerk het.
2 blikkies Caramel kondensmelk
1 liter sjokolade mousse (sien foto)
1 groot slab peppermint sjokolade, gerasper
10 g sakkie gelatien, aangemaak met bietjie warm water
Haal kondensmelk uit blikkies en roer tot glad en sag.
Maak gelatien aan met so ‘n bietjie warm water en gooi by mousse en meng.
Klits kondensmelk en mousse saam en gooi ‘n deel van die gerasperde sjokolade by mousse mengsel en meng.
Gooi in bak wat uitgelê is met tennisbeskuitjies.
Strooi res van gerasperde sjokolade bo-oor.
Sit in die yskas om te stol – oornag is beter.






