
PALESTINA TERT
Mariebeskuitjie krummels
Geel van 2 eiers
1 blik gekondenseerde melk
2 eetlepels gesmelte botter of margarien
¼ koppie suurlemoensap (of na smaak)
Meng beskuitjie krummels met botter en druk vas in ‘n vuurvaste tertbord. Voeg die eiergele by die melk en klits goed. Voeg suurlemoensap by en klits weer deeglik. Gooi vulsel in kors. Sit in ‘n lou oond tot die vulsel styf en ligbruin (as dit verkies word) is.
Kan vinnig berei word wanneer gaste onverwags opdaag.
Resep geplaas deur Tienie Kruger Steyn






