


MINI PIZZA’S ALA GIDEON
Ek’t vanaand vir my pasient die mini pizza ala Gideon gemaak en sy sê dit is djeeeerlik!
3 koppies meel
1 teelepel sout
2 koppies plain jogurt
1 klein pakkie snoep worsies, gekerf
1 groot ui, gekerf en gesoteer
2 eetlepels sweet chilliesous
2 koppies gerasperde kaas
1/2 koppie tuisgemaakte tamatiesous
Meng die meel saam met die sout en jogurt tot ‘n deeg en rol dit uit op ‘n meel oppervlak tot omtrent 3 tot 4 mm.
Maak sirkels uit die deeg met ‘n poedingbakkie of die groote wat jy verkies en smeer met die tamatiesous.
Strooi dan lagie uie.
Meng die gesnipperde worsies met die sweet chillie sous en strooi dit op die uie.
Strooi dan op elkeen ‘n bietjie gerasperde kaas en plaas op ‘n gespuite bakplaat.
Bak dit in ‘n voorverhitte oond op 180ºC vir omtrent 10 min.
Foto en resep: Gideon Louw






