


MIELIE, KAAS EN SPEK BROOD
500 g bruismeel
5 ml sout
2 eiers
125 ml melk
30 ml olie
1 blik sweetcorn
200 g kaas gerasper
250 g spek in blokkies gesny
pietersielie vir bo-oor
Meng bruismeel en sout in ‘n mengbak. Klits eiers en olie saam in ‘n maatbeker, voeg melk by en blikkie sweetcorn en meng goed. Maak spek stukkies gaar in ‘n pan en voeg by nat mengsel wanneer gaar. Gooi nat mengsel by die droë mengsel en roer goed deur. Skep uit in ‘n gesmeerde broodpannetjie en sprinkel kaas bo-oor.
Bak vir ongeveer 50 min op 180 ºC.
Laat 30 min in die pan afkoel en keer dan uit op ‘n draadrakkie.
Geniet!
Resep en foto: Kim Ross
2de foto: Natacha Visagie






