

FUDGE MET WHISPERS
Resep geplaas deur Stien Rust
Foto: Betsie Venter
FOOD LOVERS RECIPES
500 g strooisuier
125 g botter
1 blik kondensmelk
10 ml asyn
10 ml vanilla geursel
sout
2 groot pakke Whispers sjokolade
Gooi suiker en botter saam in ‘n bak.
Mikrogolf die mengsel ‘n bietjie sodat die botter kan smelt, meng dan goed.
Gooi kondensmelk by en meng weer.
Mikrogolf dit nou vir 6 – 8 minute en roer elke 2 minute.
Oppas vir oorborrel as jy nie gereeld roer nie.
Meng die asyn, vanilla en sout by en roer weer.
Laat mengsel effens afkoel (anders smelt die Whispers se sjokolade weg) en gooi dan 1 pakkie van die Whispers in en meng versigtig dat dit nie smelt nie.
Gooi beslag in bak, maak gelyk bo-op en pak die ander pak Whispers bo-op. Druk dit met jou vingers effe in die beslag.
Laat dit vir so 3 ure in die yskas en sny in blokkies. Maak 20 na 30 blokkies, hang af hoe groot dit gesny word.






