

DIE QUINTUS PORK BELLY
Verhit oond op die hoogste rooster stelling. Sny die vet in klein blokkies sonder om die vleis raak te sny. (gebruik maar ‘n lekker skerp mes) Sprinkel bietjie olyf olie bo-op met die volgende speserye:
Portuguese chicken spice
Barbeque spice
Sout
Peper
Jy is welkom om enige ander speserye te gebruik.
Vryf die speserye lekker oral in die vleis. Buig die vleis as jy moet om dit lekker tussen die gesnyde vet in te kry.
Giet olyf olie onder in oond bak en plaas gesnyde uie daarin. Plaas die vleis bo op die uie. Sit in die oond vir so +-20 – 30 minute of tot die vet lekker crispy of goud bruin is.
Verlaag nou die oond se hitte tot 170ºC en plaas deksel op die oond bak en bak vir ‘n verdere 1 uur tot 1 en half uur. As jy die vleis kan los trek met’ n vurk dan is dit reg.
Haal nou die vleis uit die oond bak en laat dit rus vir so 5 – 10 minute (probeer om nie al die crackling te eet nie). Sny dit nou op en bedien saam met enige groente van jou keuse.
Resep geplaas deur Quintus Lou Gerber
Foto: Quintus Lou Gerber






