

BEESVLEIS EN GROENTE BREDIE
Foto en nota: Juanita Vermeulen
FOOD LOVERS RECIPES
5 ml olyf olie
500 g beesvleis goulash
2 medium uie, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
125 ml rooiwyn
4 medium wortels in die lengte middeldeur en dan in kwarte gesny
5 ml gedroogde origanum
5 ml gedroogte roosmaryn
60 ml splitlensies (ek het die uitgelaat want ek het nie gehad nie)
1 biefaftreksel blokkie opgelos in 250 ml kookwater
5 baba aartappels in kwarte gesny
1 blikkie tamatie pasta (65 g)
15 ml blatjang
varsgemaalde swartpeper na smaak
Verhit die olie in ‘n groot kastrol en roerbraai die vleis oor hoe hitte tot bruin. Skep uit die kastrol en sit eenkant. Verminder die temperatuur effens en braai die uie en knoffel liggies in dieselfde kastrol en sonder ekstra vet of olie. Braai vir ongeveer 5 minute terwyl af en toe geroer word. Voeg die wyn, wortels, origanum, roosmaryn, lensies ( as dit gebruik word) en aangemaakte aftreksel by, bedek en laat vir 10 min oor lae hitte kook. Voeg die gaar vleis, rou aartappels, tamatiepasta, blatjang en ongeveer 125 ml water by die groentemengsel, bedek en laat kook vir 45 min of tot die vleis en groente sag is. Roer af en toe en voeg nog water by indien nodig om genoeg sous te vorm. Geur na smaak met die peper en sit voor met bruin rys en ‘n mengel slaai
Nota: Juanita Vermeulen
Ek het 5 ml tiemie ook bygegooi want ek is mal oor die smaak. Die splitlensies is ‘n plaasvervanger van mielieblom en help om die sous dik te maak. Dis iets wat ek nie geweet het nie en gaan meer toepas op my bredies in die toekoms. Daar is nie nodig vir sout nie omdat die biefaftreksel genoeg sout bevat maar gaan volgens smaak. Ek het so klein bietjie sout bygevoeg, want ek het gevoel dit het so bietjie gekort. Ek het ook preie en murgpampoentjies bygesit, want dit was in die yskas en dit was steeds heerlik. Ek het dit nie met rys voorgesit nie, want daar was klaar aartappels en wortels in wat albei stysel groentes is en ek het my porsie stysel vir aandete gehaal. My man is lief vir bredie met ‘n broodjie en hy het ‘n lae GI broodjie saam met syne geniet.







geskuif