

ANDREWETTE SE JODETERT
(Wagtig vreeslik lekker)
Voorverhit die oond tot 180 ºC.
Korse:
In mengbak meng:
400 ml bruismeel
knippie sout
125 ml suiker
Vryf in:
125 ml sagte botter tot dit soos krummels lyk
Maak aan met:
1 geklitste eier
Meng tot dit ‘n lekker deeg vorm. Laat rukkie staan.
Rol deeg dun uit en druk groot ronde koeke met ronde koekpan uit.
Tel versigtig op met eierspaan en plaas op gevoerde gesmeerde plat koekiepanne.
Bak 2 op ‘n slag tot goudbruin en gaar (ongeveer 10 min).
Plaas versigtig op afkoelrakke.
Bak ook orige stukkies deeg en plaas eenkant.
Vulsel:
Bring saggies tot kookpunt in groot kastrol:
1 liter melk
1 eetlepel botter
125 ml suiker
Meng saam in groot beker:
2 eiers
50 ml vlapoeier
50 ml maizena
50 ml koekmeel
knippie sout
1 teelepel vanilla essens
Klits goed deur en gooi stadig by kokende melk.
Roer met draadklitser.
Kook saggies vir 2 minute.
Laat eenkant heeltemal afkoel.
Klits af en toe.
Plaas een groot koeklaag op bord en dan vulsel, herhaal tot laaste vla bo-op.
Krummel ekstra stukkies koekies en strooi bo-oor.
Laat staan ‘n dag of twee voor bedien.
Foto en resep: Andrewette Hoffman Bloem







Baie lekker ..ek wil net weet wat kan ek doen sodat die korse nie krimp gedurende die bak proses nie..?..
Hi Petro
Ek is bly jy geniet die resep. Mens moet nie jou deeg teveel rek wanneer jy dit uitrol nie, werk liggies. En sorg dat jou deeg koud is voor jy hulle bak, dit help ook gewoontlik, maar die rek is maar die rede dat dit terug krimp.
Mooi dag verder
geskuif