

ADVOKADO EN MOZZARELLA SLAAI
2 Mozzarella balle of gewone blok mozzarella
2 ryp avokado’s
3 – 4 eetlepels suurlemoensap
3 groen sprietuie (spring onions)
1 – 2 rooi chillies, ontpit en fyn gesny OF rooi soetrissie
3 – 4 eetlepels wit wyn asyn
2 teelepels balsamiek asyn
1 teelepel mosterd
knippie suiker
sout en vars gemaalde swartpeper
4-6 eetlepels olyfolie
2 – 3 eetlepels fyn gesnipperde basielie kruid(basil leaves)
basielie blare vir garnering
Sny Mozzarella in dun skywe.
Sny avokado in halwes en sny in dun wiggies.
Sprinkel suurlemoensap onmiddellik oor.
Was en sny sprietuie in ringe.
Meng die asyn met mosterd, suiker, sout en peper en klits in die olie.
Roer in fyn gesnipperde basieliekruid.
Rangskik die Mozzarella en avokado netjies, oorvleuend op ‘n groot bord.
Sprinklel met chillies/rooi soetrissie en sprietuie. Sprinkel die slaaisous oor.
Versier slaai met basielieblare.
Resep en foto: Sonja Myburgh
Nota: Onthou sit die avokado’s in bietjie kookwater met skil en al, haal na 1 minuut uit en laat heeltemal afkoel voor jy dit skil, dan bly dit pragtig groen. Mens kan ook die gesnyde skyfies onder koue water afspoel, dit help ook – Rina Kleinhans







geskuif