

SPEK EN UIE QUICHE
Kors:
1 koppie koek meel
1 koppie fyn gerasperde kaas
125 gram magarine
Vryf meel, kaas en magarine tot fyn tot dit soos fyn brood krummels lyk, druk deeg bymekaar dat dit ‘n bal vorm.
Druk deeg in groot quichce bak 28 tot 30 cm.
Vulsel:
Braai 1 pakkie spek wat fyn gesnipper is saam 1 ui wat fyn gekerf is, ook ‘n paar sprietuie se loof fyn gesny, moenie bruin braai nie, gooi spek deur ‘n sif sodat al die vetterigheid uit kan drup.
Klits saam 6 eiers (ek gebruik net jumbo eiers)
2 koppies volroom melk
1 koppie room
2 koppies fyn gerasperde kaas ( gebruik net cheddar)
bietjie droë mosterd poeier
sout
vars gemaalde swart peper
Meng alles nou saam.
Druk deeg mooi uit in bak 30 tot 38 cm deursnee, redelike diep bak, gooi versigtig die vulsel in bak en bak vir +- 1 uur of tot gestol.
Resep geplaas deur Alta Gunter Van Dyk
Foto: Alta Gunter Van Dyk






