



OONDGEBAKTE BRISKET
900 g brisket
3 eetlepels blatjang
2 teelepels aromat
1 eetlepel suurlemoensap
1 eetlepel suiker
1 teelepels gemaalde swartpeper
2 teelepels Italiaanse kruie
1 eetlepel balsamiese asyn
1 eetlepel bruin uie soppoeier
olyfolie vir sprinkel
Pak die stukke vleis in ‘n oondvaste bak en smeer dit met blatjang.
Sprinkel olyfolie ruim oor die vleis en sprinkel die aromat, peper, kruie en balsamiese asyn daaroor asook die suiker en suurlemoen sap.
Bedek met foelie en bak vir 2 uur op 160ºC in ‘n voorverhitte oond . Verwyder die foelie en voeg die soppoeier aan die kante by in die sous en roer in met ‘n teelepel en plaas foelie terug en bak vir nog ‘n halfuur.
Verwyder die foelie en rooster vir ‘n paar minute.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw
2de foto: Marietjie Van Zyl

Gideon Louw:
Ek’t die selfde sous aan gemaak as vir die brisket, maar net kortrib vir vleis gebruik en was baaaie lekkerrr saam met smash en gekookte pampoen.







Robbie Venter
Het ook die naweek probeer, het nie brisket gehad nie toe gebruik ek lam tjops. Baie lekker smaak
Gideon Louw
Ek het vannaand weer vir aandete heerlike brisket gemaak ekt twee stukkies shortrib ook bygesit en dié was nóg lekkerder met dieselfde behandeling ek ook na twee ure se bak n paar klein uitjies in die sous gesit toe ek die sous verdik het ek dieselfde resep gebruik behalwe vir die uitjies wat bygekom het. Ons het dit saam met soetwortel en gebakte aartappels wat in diep olie gebak is geniet oja en ook n stukkie avo innie bord.
Ina Bester
Ek het dit vir middagete gemaak en een woord heerlik. Baie dankie dat jy jou resep gedeel het.