


LEMOENBESKUIT
1.5 kg bruismeel
7 ml bakpoeier
625 ml lemoensap
gerasperde lemoenskil van 2 lemoene
500 g bak margarien (kamer temperatuur)
1 teelepel sout
2 koppies suiker (bruin of wit)
3 eiers
Meng al die droë bestanddele saam. Vryf die margarien in meel (moet lyk soos mieliemeel)
Meng lemoensap, lemoenskil en eiers, voeg by droë bestanddele en meng goed. As die deeg ‘n bietjie styf is voeg bietjie koue water by. Spuit pan met spray ‘n cook.
Jy kan bolletjies rol of deeg in pan druk.
Bak +- 1 uur by 180°C.
Laat afkoel in pan.
Breek in stukke of sny in vingers en droog.
Dis ‘n baie bros beskuit, amper ‘n koekie.
Wenk: -ek vervang die gewone bruismeel met bruin bruismeel meel.
Dit is net so lekker. Bietjie ‘n growwe beskuit.
Resep deur-Amanda Van Der Walt
Foto: Rheda Vreken
Foto 2: Elsabie Templeton
Lemoen beskuit💕 dis heerlik! Ek was nogal effens bekommerd oor die resep geen karringmelk of melk inkry maar die lemoensap en gerasperde skil maak perfekte geur kombinasie vir hierdie beskuit. Ek hoop net dit word nie opgeëet voor dit uitgedroog word! Die tekstuur is presies soos karringmelkbeskuit.







geskuif