

LEMOENBESKUIT MET SAP EN SKIL
Foto en resep aanpassing: Elsabie Templeton
FOOD LOVERS RECIPES
1,5 kg bruismeel
7 ml bakpoeier
700 ml vars uitgedrukte lemoensap met die selletjies
2 lemoene se fyn gerasperde skil
500 g Stork to Bake, gesmelt
1 teelepel sout
2 koppies suiker
3 eiers
Was lemoene, maak droog en sit in plastiek sakkie in vrieskas vir ongeveer een uur en rasper dan, dit rasper net makliker.
Sif die meel, sout en bakpoeier en meng suiker deur droë bestanddele.
Klits eiers met vurk en giet by die lemoensap, gesmelte botter en gerasperde skil.
Meng al die nat bestanddele by die meelmengsel in en roer goed.
Die beslag is sag maar nie baie nat of loperig.
Skep in twee gesmeerde oondpanne en maak bokant gelyk.
Bak in voorverhitte oond by 160°C vir so 50 min. Ek het op die waaier funksie in my Thermofan oond gebak en my panne halfpad omgeruil.
Laat afkoel en sny om uit te droog.






