
LEMOEN EN AMANDELKOEK (GLUTENVRY)
2 lemoene
1 koppie strooisuiker
200 g amandelmeel
2.5 ml bakpoeier
6 groot eiers
sap van halwe suurlemoen
Oond 160ºC, smeer losboompan en voer met bakpapier.
Kook heel lemoene (skil en al) vir so 30 min tot sag in water.
Sny in helfte en haal pitte uit.
Sit lemoene, suiker, amandelmeel, en al die ander bestanddele in voedselverwerker en maak fyn/meng.
Skep in ‘n pan en bak vir 40 tot 45 min tot bruin en gestol.
Versier met roomkaasversiersel of bedien met skep mascarpone en neute.
Resep geplaas deur Retha Sorum Burger






