

KERRIE HOENDER MET PASTA
5 groot hoender borste, gesny in klein stukkies
sout en peper
2 – 4 groot eetlepels olyf olie
2 groot eetlepels kerrie poeier
2 groot eetlepels tamatie paste
2 groot eetlepels bruin suiker
2 – 3 koppies water
2 groot eetlepels pietersiele
1 groot uie
Braai hoender stukkies bruin met sout en peper in bietjie olie.
Voeg bietjie water by en laat hoender heeltemal gaar word – sit deksel op pan.
In ander pan begin met die ander bestanddele.
Bruin uie in olie, voeg kerriepoeier by en roer vir 1 min.
Voeg tamatiepaste, bruinsuiker, sout en peper na smaak en pietersielie by en roer bietjie.
Voeg sous en gaar hoender alles bymekaar.
Kook op lae hitte vir 5 – 10 minute en reg om te bedien met pasta.
Resep geplaas deur Benita Rodrigues
Foto: Benita Rodrigues






