

IDEES VIR ERTJIESLAAI
Marietjie Booth
blaarslaai, in baie dun repies gesny
1 kg gevriesde ertjies
250 g pakkie spek stukkies
1 groot ui
250 g sampioene
Miracle Whip of enige mayonnaise – kan ook meng met kondensmelk
gerasperde Gouda-kaas
Gooi die ertjies in ‘n vergietes en spoel dit in warm water af tot dit ontvries is, maar moenie dit kook nie.
Laat dit eenkant om goed te dreineer en af te koel.
Braai die spek in ‘n klein bietjie olie tot gaar.
Kap die ui in klein stukkies op.
Sny die sampioene in dun repies.
As jy nie van rou sampioene hou nie, kan jy dit sommer in die spek se vetjies braai tot gaar.
Skep die helfte van alles in ‘n mooi slaaibak. Ek begin met slaaiblare.
Doen nou die tweede deel in dieselfde volgorde.
Nou ‘n dik laag miracle cream of mayonnaise.
Rasper genoeg kaas om ’n lagie bo-oor die Miracle Whip te sprinkel.
Laat in die yskas tot voor opdiening.
‘n Hele dag voor die tyd is dit BAIE lekker.
Ertjies word nie waterig nie.
‘n Heerlike variasie is klein blokkies kaas, en dan rasper jy ’n hardgekookte eier bo-oor in plaas van die kaas.
Ineke Steyn
Ineke se mielieslaai
1 blik mielies heelpit vir elke 3 mense wat jy slaai voor maak.
1 botteltjie sour cream
250ml of een koppie mayonnaise. Ek gebruik Woolies sin.
Sweet chilli sous – ek gooi so 3 eetlepels in of na smaak
Kaas volgens smaak bietjie groter as mielies gesny
Meng alles, jy kan ektra kaas insit, soet groenrissie as jy wil of ektra chilli.
Versier met pietersielie. Sout en peper ook welkom.
Jy kan mayonnaise en kondensmelk ook meng vir die slaaisous met bietjie sour cream of cottage cheese smooth.
Sonja Beukes Oosthuizen
Mielieslaai met avokadosous
500 ml bevrore pitmielies
1 rooi soetrissie
1 groen soetrissie
3 sprietuie
2 selderystingels
1 ryp avokado
60 ml suurroom
125 ml suurlemoensap
2 ml rissiepoeier
Kook mielies 2 minute in soutwater. Dreineer en verfris in koue water. Dreineer goed. Ontpit soetrissies en sny in blokkies. Sny die sprietuie en selderystingels en meng met mielies en soetrissie. Skil die avokado en druk fyn. Voeg die suurroom, suurlemoensap en rissiepoeier by. Meng sous deeglik met slaai. Lewer 4-6 porsies.
Alet Schoen Murray
My mielieslaai resep wat ek al vir baie jare maak en almal dood daarvoor.
Kook 1 kg gevriesde mielies so vir 5 minute.
Water dit af en laat koud word.
Sny ongeveer 250 g cheddar kaas in blokkies en voeg by.
Sny grasuie fyn gekap en voeg na smaak by. Ek gooi sommer baie in.
Gewone uie werk ook, maar grasuie gee kleur.
Meng 1 koppie mayonnaise en 1 koppie plein jogurt in.
Voeg sout en peper na smaak by.
Meng alles lekker deur en sit vars of gedroogte pietersielie by vir meer kleur.
Die hoeveelhede is net ‘n riglyn. Alles kan meer of minder gemaak word na smaak.
Foto: Marietjie Booth






