

HEERLIKE WORTEL POEDING
1 kopppie meel
1 eetlepel margarien
1 kopppie gerasperde wortels
1 teelepel bakpoeier
1 eier
Sif droë bestanddele saam en vryf margarien in.
Meng die eier en wortel in.
SOUS:
2 koppies kookwater
1 koppie suiker
1 teelepel suurlemoensap
1 eetlepel gesmelte botter
Roer die kookwater, suiker en margarien tot suiker opgelos is.
Giet in oondbak.
Skep deeg lepels gewys in sous.
Bak teen 180ºC tot ligbruin
Heerlik saam met vla.
Resep en foto: Samantha Murphy







geskuif