

GIDEON SE “CRUNCHIES”
½ koppie suiker
4 eetlepels goue stroop
1 ½ teelepel koeksoda (nie bakpoeier nie)
sjokolade vir versiering
Verhit die suiker en stroop stadig op lae hitte tot die suiker opgelos is en dit borreltjies begin maak.
Verhoog die hitte effens sodat dit kook maar nie aanbrand nie.
Voeg dan die koeksoda by en roer vinnig vir ‘n paar sekondes sodat die koeksoda kan borreltjies maak.
Ek het my silikoon pannetjies gebruik en giet dan die warm mengsel onmiddelik in die pannetjies omtrent 10 tot 15 mm dik.
Laat staan vir omtrent 2 ure om af tekoel en dop dan uit.
Smelt sjokolade en smeer met ‘n mes op die bokant van die koekie.
Ek verlang sommer na 1965 toe ek as 12 jarige dit graag gekoop en geëet het as ons Vrydae gaan fliek het.
Resep en foto: Gideon Louw






