

ELNA SE HOENDERSLAAI
Hierdie hoenderslaai is ons gesin se gunsteling gereg, veral noudat dit weer warmer is. Ek het die puff pastry croutons hiermee saam bedien, dit is voorwaar ‘n wenner saam met slaai.
Hoender:
500 g hoender stir fry
2 eiers
1 pakkie gedroogte broodkrummels
sout en peper na smaak
Klits eiers goed. Gooi hoender in die eier.
Meng broodkrummels, sout en peper saam in ‘n sakkie.
Gooi hoender in broodkrummel mengsel sodat hoender eweredig bedek word met die broodkrummels.
Plaas vir 20 minute in die yskas.
Verhit olie in ‘n braaipan, braai hoender tot goudbruin.
Laat die hoender afkoel.
Slaai:
130 g blaarslaai, stukkies gesny
200 g mini rosa tamaties
135 g baby corn, in wielletjies gesny
100 g julienne wortels
1 mediterranean komkommer
4 grasuie, gekap
7 aarbeie, in wielletjies gesny
3 fetakaas wielletjies, in blokkies gesny
olywe na smaak
Ek pak gewoonlik al die bestanddele in lae. Voeg die hoender by.
Meng mayonnaise en slaaisous van eie keuse by. Ek het ‘n creamy Franse slaaisous gebruik. Ek meng die slaaisous hoeveelheid na eie keuse.
Foto en resep: Elna Erasmus






