
SOP DIEëT
900 g tamaties
6 uie
2 Biefblokkies/Hoenderblokkies
1 pakkie wit uiesoppoeier
1 bondel seldery
2 blikkies groenboontjies
1 ½ kg wortels
1 groen soetrissie
geur met sout, peper en pietersielie
Sny groente in kleinerige blokkies en top op met water. Kook vinnig vir 10 minute en verlaag dan die temperatuur sodat dit prut. Prut tot groente sag is. Eet die sop soveel as wat jy wil wanneer jy honger voel – so as jy heeldag honger voel EET DIE SOP!!! Eet soveel soos wat jy wil en wanneer jy wil. Die sop sal nie kalorieë byvoeg nie. Hoe meer jy eet hoe meer sal jy verloor. Jy mag onversoete tee en koffie drink. As jy melk saam met die tee en koffie drink moet dit vetvrye (skimmed) melk wees. Jy moet 6 – 8 glase water per dag drink.
DAG 1
Eet slegs sop en vars vrugte. Enige vrugte behalwe piesangs.
DAG 2
Eet slegs sop en groente. Geen vrugte nie. Eet soveel van beide as wat jy wil. Geen boontjies, ertjies of mielies nie. Beloon jouself vanaand met ’n GROOT gebakte aartappel en botter.
DAG 3
Eet soveel sop, vrugte en groente as wat jy wil. Moenie ‘n aartappel eet nie. (Teen hierdie tyd behoort jy 2 – 3 kg te verloor het as jy nie gekul het nie.)
DAG 4
Eet sop, piesangs en vetvrye melk. Eet ten minste 3 piesangs. Piesangs het hoë kalorieë en koolhidraad inhoud. Teen hierdie tyd sal jou liggaam bogenoemde nodige hê om die “cravings” teen te kant.
DAG 5
Eet sop, biefstuk/vis/hoender en tamaties. Jy mag 500 g biefstuk/vis/hoender eet en 6 tamaties.
DAG 6
Eet sop, groente en biefstuk. Jy mag soveel eet soos jy kan. Geen gebakte aartappel nie.
DAG 7
Eet sop, bruinrys en groente – soveel as wat jy wil. Jy mag onversoete vrugtesap drink.
Teen hierdie tyd behoort jy 5 – 8 kg te verloor het as jy nie gekul het nie. Jy kan solank aanhou met die diet as wat jy wil. Hierdie dieet is ontwerp om vet vinnig te verbrand en om jou liggaaam van gifstowwe te reinig. Dit is heeltemal veilig – dit word immers vir hartpasiente gebruik voor ‘n groot operasie. Dit is belangrik dat jy ten minste 24 uur voor jy alkohol inneem met die dieet staak.
Jy kan slegs EEN van die biefstuk dae vervang met hoender of vis.
ONTHOU: HOE MEER JY VAN DIE SOP EET, HOE MEER SAL JY VERLOOR!
Foto: Stien Rust






