

PILCHARD BURGERS MET BLIKKIE MILD EN SPICY CHAKALAKA
1 x 400 gram blikkie Pilchards in Tamatiesous
1 x 410 gram blikkie keker ertjies/chickpeas, gedreineer en afgespoel, jy kan ook lensies gebruik.
2 snye brood, fyn gekap, gebreek, in stukkies gesny
1 eier
3 eetlepels (45 ml) blatjang
2 teelepels (10 ml) gedroogde gemengde kruie of pietersielie
gegeurde broodkrummels/ meel
1 blikkie Mild & Spicy Chakakaka
Dreineer die vis en hou die tamatiesous eenkant, verwyder grate van vis.
Druk die keker ertjies/chicpeas en pilchards saam fyn.
Voeg die fyngekapte brood, eier, blatjang en kruie by. Meng goed.
Verdeel die mengsel in 4-6 balle en vorm dit in patties.
Druk in broodkrummels, maak seker dat alby kante mooi toe is met die krummels, plaas in yskas om te set 30 min tot 1 uur.
Bak in vlak olie tot gaar.
Intussen maak die blikkie chakalaka oop, meng die tamatiesous van die vis by, maak dit deur warm.
Sny oop jou hamburger rolletjie, smeer mayonnaise op die onderste deel van die brood rolletjie, pak jou slaaiblare/ rocket, vis pattie, agurkie, en lepels vol chakalaka sous.
Gegeurde broodkrummels/ meel resep
(ek maak dit aan en hou dit in die vrieskas in ‘n plastiek houer wanneer ek dit nodig kry dit klaar gemaak)
1 koppie broodkrummels/ koekmeel
3 eetleppels mazina
1/4 teelepel sout
1/8 teelepel knoffel sout
1/8 teelepel uie sout
1/8 teelepel swart peper
1/8 teelepel wit peper
Om jou burger perfek te vorm en grote en dikte te kry, gebruik ‘n grondboontjie botter bottel se prop. Die rooi plastiek prop werk goed.
Mayonnaise bottel se proppe is bietjie vlak.
Tupper verkoop die fênsie pattie maker, ‘n mens kan ander planne ook maak of vorm dit met jou hand.
Indien die Mild en Spicy Chakalaka sous te skerp is kan jy dit vervang met ‘n blikkie Boerie Relish van Miami.
Die resep is gebore uit nood, toe ons elke dag loadshedding gehad het.
Wanneer mens vinnig moet dink en almal vreeslik honger is.
Om in die donker kos te maak is glad nie prettig vir my nie.
Resep: Miemsie De Klerk






