

LAMSPOTJIE IN DIE OOND
Met rys, soetpampoen, soet ertjies, mielies en beetslaai.
2 kg lamsvleis eie keuse van soort
1 kg aartappels
1 kg gemengde groente gevries
2 groot uie, opgekerf
1 eetlepel vars gekapte knoffel
vleis speserye, sout en peper, roosmaryn en sage uitdraai droë kruie na smaak
3 eetlepels bisto en halwe pakkie soppoeier beef en uie
1 potjie vars room (250 ml)
Braai uie in bietjie olie in warm gemaakte swart pot tot lekker bruin.
Voeg die vleis by en braai aan albei kante met speserye tot bruin.
Draai van die kruie uit en voeg vars knoffel by.
Pak jou gehalveerde aartappels bo-op vleis en gooi bietjie sout en peper en vleis speserye.
Pak die gemengde groente bo-op met bietjie sout. Sit deksel op.
Daar is klaar vog in die pot, nie nodig vir water.
Bak in oond by 180ºC vir uur en ‘n half voorverhitte oond.
Maak Bisto en halwe pakkie soppoeier met room aan.
Giet sous bo-oor kos en bak nog ‘n halfuur sonder deksel.
Resep geplaas deur Ronell Boshoff
Foto: Ronell Boshoff






