
HOENDERBOBOTIE MET MAYONNAISE
Resep geplaas deur Faith Metzler
FOOD LOVERS RECIPES
1 hoender, gekook en ontbeen
100 ml sultanas
2 uie, fyn gekap
250 ml mayonnaise
20 ml fyn appelkooskonfyt
15 ml suurlemoensap
1 pakkie hoenderroomsop
15-20 ml kerriepoeier
2 x 250 ml melk
3 ml gemengde kruie
3 eiers, geklits
sout en peper na smaak
Voorverhit oond tot 180°C.
Meng die hoender, sultanas en die uie. Plaas die mengsel in ‘n oondvastebak.
Meng die oorblywende bestanddele, behalwe die eiers en 250ml melk, saam en skep dit oor die hoendermengsel.
Meng alles lig saam met ‘n vurk.
Giet die geklitste eiers wat met 250ml melk gemeng is, en 3 bay leaves bo-op.
Bak dit vir 40 tot 45 minute.






