


HEERLIKE MARMER KOEK
500 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
2.5 ml sout
180 ml botter / bak margarien
375 ml strooisuiker vir die koekbeslag
4 groot eiers liggies geklits in klein bakkie
10 ml vanielje geursel
Meng saam:
45 ml strooisuiker (ekstra)
80 ml kakao
15 ml koffiepoeier
80 ml warm water
Verhit oond tot 175 °C. Smeer twee laagkoekpanne van 20 cm en voer uit met bakpapier. Meng kakao, 45 ml strooisuiker en koffiepoeier met warm water tot glad en sonder klonte. Hou eenkant.
Sif meel, bakpoeier en sout saam.
Klits botter tot glad, ongeveer 2 minute. Voeg suiker geleidelik by and hou aan klits vir sowat 3 minute. Voeg vanielje geursel by en klits tot lig in kleur, ongeveer 4 minute.
Voeg die eiers geleidelik by en klits op lae spoed tot goed gemeng.
Voeg die meel geleidelik in vier dele by en klits op lae spoed tot net gemeng en glad.
Skep klein bietjie minder as die helfte van die mengsel uit en meng met kakao mengsel. Skep sjokolade en vanielje mengsel om die beurt in panne. Neem ‘n tandestokkie of skerp mespunt en maak krulle daarmee deur die sjokolade en vanielje dele, om jou marmer effek te verkry. Bak vir ongeveer 25 – 30 minute op die middelste oondrak tot gaar.
Hierdie resep het ek op pinterest gekry en dit word oorspronklik in ‘n bundt pan gebak.
Resep en foto: Elaine Steyn Steyn






