

SUURLEMOEN TERT MET PERFEKTE BOLAAG
125 g gesmelte margarien
1 pakkie tennisbeskuitjies, fyngedruk
2 blikke kondensmelk
4 eiers, geskei en by kamertemperatuur
250 ml vars suurlemoensap
125 ml strooisuiker
Maak kors van tennisbeskuitjies en margarien. Meng kondensmelk met eiergele.
Meng suurlemoensap by.
Voeg mengsel in pan op kors en bak 10 min op 180ºC.
Klop eierwitte tot sagte punte. Voeg strooisuiker by en klop tot stywe punt stadium.
Plaas eierwitte op tert (strooi bietjie tertkrummels oor). Bak tot goudbruin.
Nota:
Ek sit meer suiker in myne. Amper soos ‘n skuimpie. Wanneer dit klaar goudbruin bo-op is, skakel ek die oond af en los ek hom daarin om af te koel saam met die oond. Daarna sit ek hom in die yskas.
Maklike tertkors indien jy nie koekies wil gebruik nie:
Room ‘n ½ koppie margarien en ‘n ½ koppie suiker. Voeg een eier by en meng goed.
Voeg 2 koppies koekmeel en 10 ml bakpoeier by en meng weer goed. Druk uit in 2 panne. Bak op 180°C vir 15 min of tot goudbruin. Dit is my melktert kors resep en ek het hom sommer gebruik vir my suurlemoen tert gistraand. Jy kan hom halveer as jy wil.
Resep en foto: Diani Page
Janieta Nell – Voeg ‘n 1 eetlepel Maizena en ‘n 1 eetlepel asyn by jou meringue as jy dit klits saam met die suiker. Jy proe dit glad nie. Ek voeg ook so 2 eetlepels Maizena by die kondensmelk-mengsel. Dan vorm daar glad nie so ‘n “lagie” tussen die 2 mengsels nie. Hier is hoe myne in Mei-maand gelyk het.







