

SKAAPSTERTJIES IN DIE OOND
Braai stertjies bruin in ysterpot. (Moenie die vet weggooi nie… uitgebraaide skaapvet is baie lekker!)
Plaas stertjies in oondbak, sout en peper, gooi goeie klompie tamatiesous en worcestersous oor (sodat stertjies mooi bedek is).
Bedek met foelie en bak in die oond van so 160ºC. vir ongeveer drie ure tot vleis lekker sag is en van beentjie afkom.
Verhoog oond tot so 200ºC en bak nog rukkie sonder foelie tot lekker bruin vir ongeveer 10 minute. Skep uit. Gooi ergste vet uit oonpan, maar behou die lekker dik bruinsous onder. Bedien met kapokaartappels.
Resep en foto: Corrie Pretorius du Plessis






