

SJOKOLADE MODDERKOEK MET ‘N VERSKIL
Deel 1
200 g Mariebeskuitjies, fyngemaak
125 g magarien, gesmelt
100 g sjokolade, gerasper
Voeg die 3 bymekaar, meng goed en druk vas in ‘n 20 cm losboom pan.
Deel 2
Missisipie mud pie
400 g bak sjokolade
300 g malvalekker
300 ml room styf geklits
4 eetlepels melk
Smelt malvalekker in die 4 eetlepels melk in mikro oond vir 1 min, of marsmallows net gesmelt, met ‘n hout lepel roer (nie klits).
Laat effe afkoel.
Smelt 400 g sjokolade in mikro oond tot net gesmelt, meng marsmallow en sjokolade liggies in ‘n figure 8 metode.
Dan laastens voeg room by en vou in liggies, gooi die mengsel in pan op jou kors en plaas in yskas tot dit geset is.
Deel 3
Meng nou 4 teelepels koffie (het Egberts gebruik) met 3 eetlepel kookwater en voeg dit by die marsmallows.
Mikro tot net gesmelt.
Meng liggies tot al die marsmallows gesmelt het.
Laat effe afkoel.
Voeg nou 200 ml room wat styfgeklits is, by koffie mengsel.
Skep liggies bo op sjokolade mengsel.
Sit oornag in yskas om behoorlik te set.
Versier soos verkies resep A van Dyk – Thanks to a dear friend.
Foto: Alta Gunter Van Dyk







geskuif