


GEMENGDE SITRUSVRUGTE KONFYT
Sny 16 sitrus vrugte soos lemoen, naartjies, suurlemoene, lemmetjies in skywe . Gooi water oor sodat die skywe onder water is. Laat staan oornag . Dreineer die volgende dag en giet nuwe water oor en kook tot die skywe sag is. Neem een koppie skywe met bietjie water wat ook saam geskep word met een koppie suiker en meet dan so af, 1 koppie vrug op 1 koppie suiker.
Laat staan so tien min dat suiker smelt.
Bring tot kookpunt en verlaag dan die hitte en prut stadig tot stroop taai word. Bottel warm.
Resep geplaas deur Leandri Potgieter
Foto: Leandri Potgieter






