ELMARIE SE HEERLIKE KOEKSISTERS
Vandag bietjie koeksisters gebak en my gadgets gebruik. Kyk ek het hulle vir baie jare maar die kas het dit gebruik. Vanoggend besluit ek gaan dit probeer.
575 g koekmeel
2 teelepels bakpoeier
1 eetlepel botter
1 eier
knippie sout
370 g Amazi met eier ingeklits
Meng droë bestanddele en vryf botter in. Klits eier en voeg by Amazi. Saam moet dit 370 g weeg.
Knie die deeg baie goed.
Begin met die Amazi waarin die eier is en dan sit jy maar bietjie melk by tot deeg sag hanteerbaar is. Laat oornag in yskas.
Volgende dag, rol so 3 mm uit en sny jou koeksisters, vleg almal, sit onder ‘n nat vadoek en begin dan bak.
Ek bak dit op my konveksieplaat op 270°C. Olie moet nie te warm wees, bak dit tot mooi kleur het. Hul draai sommer vanself om, anders draai maar.
Dompel dadelik in koue stroop. Pak op draad rakkie om af te drup.
Wanneer die koeksisters koud is, verpak en sit in die vrieskas.
Nota:
Ek gebruik stroop uit yskas en soos hul dit opsuig, gooi ek net weer stroop wat uit yskas kom by maw ek gooi koue stroop net elke keer by die wat reeds in bak is.
Stroop:
8 koppies suiker
4 koppies water
Sny lemoen in kwarte en voeg by.
Los suiker op en as begin kook, kook net vir 8 min. Ek voeg so 1 ml kremetart by as dit begin kook.
Resep en foto: Elmarie de Bruyn – Die resep by my buurtannie gekry jare gelede.
Marika
Geskuif na nuwe blog
Elmarie de Bruyn
Ek wil net noem ek weeg nou al lank my meel af asook ek bak met amazi. Dit kom dan perfek uit. Meel is 575gram en amazi met eier ingeklits 370g.
Kristie Townsend:
Thank you for the recipe! I just made halve the recipe and decided to leave the last bit of syrup to pour it over and leave the koeksisters in the fridge and it’s beginning to soak in all the syrup and is very crispy! My first try at making koeksisters! Not perfect but practise makes perfect! Very easy and simple recipe!