

ELIZE SE VISKOEKIES VAN VARS VIS
Resep en foto : Elize Senior Wolvaardt
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg knorhaan (grunter) gaar vis, gevlok en gemaal (10 koppies)
2 groot uie, fyngemaak
2 toontjies vars knoffel, fyngemaak
ongeveer 16 meduim/klein aartappels, gaar gemaak en fyngedruk (7 koppies)
10 ml sout
5 ml fyn swartpeper
10 ml visspeserye
6 eiers, geklits (5 as dit groot eiers is)
Meng deeglik, kyk dat jou mengsel nie te pap is nie, en maak bolletjies van ongeveer 70 gram elk.
Druk effens plat.
(Plaas krummels in diepbord) 10 snye bruinbrood uitgedroog of gekoopte krummels.
(Voeg geklitste eiers ook in ‘n aparte diepbord) 4 eiers geklits
Rol effens platgedrukte viskoekies sagkens eers in eier.
Dan in krummels tot alles gedoen is. Pak op ‘n skinkbord oop en sit in die yskas tot lekker koud.
Bak in bietjie warm olie in ‘n pan, moenie te veel omdraai nie.
Vries die res rou tot benodig en bak dan.
Baie lekker.
NOTA: baie belangrik dat die viskoekies met die krummels om eers in die yskas geplaas moet word tot goed koud, anders sal hulle uitmekaar val in die braai proses.







Elize Senior Wolvaardt
Ja ek is so bly my krummels het nie in pan gebly nie….so leer mens altyd iets. En mens moet “teachable” bly …dankie weereens. Ek heelwat geleer.. 1. Gee eerder koppie of ml mates. 2. Vis en mash ratio 3. Verkoel voor bak. 4. Deel sodat ander ook kan leer EN geniet!